Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reënpadda
reënpadda [boodskap #153172] Di., 06 Oktober 2026 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26757
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Reënpadda.
'n Reënpadda.
reënpadda
Afbreking: re•ën•pad•da
Samestelling: reën + padda


Selfstandige naamwoord: reënpadda
Meervoud: reënpaddas
Verkleinwoord: reënpaddatjie
Meervoud van verkleining: reënpaddatjies

Betekenis:
• 'n Dik, ronde padda met kort ledemate en 'n klein, plat snoet, genus Breviceps.

Gebruik:
• Reënpaddas bring die grootste deel van die jaar ondergronds deur en kom ná reënbuie te voorskyn om na kos te soek.

Sinoniem:
• blaasop
• donderpadda
• janblom

Hiponiem:
• bosveldreënpadda
• woestynreënpadda

Vertaling:
Engels: rain frog
Nederlands: regenpad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 19:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: platanna
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 07 00:55:22 UTC 2026