Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ootmoedige
ootmoedige [boodskap #153069] Ma., 28 September 2026 13:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26661
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ootmoedige
Afbreking: oot•moe•di•ge
Samestelling: ootmoedig + -e


Selfstandige naamwoord: ootmoedige
Meervoud: ootmoediges

Betekenis:
• Iemand wat ootmoedig is; persoon wat nederig en gehoorsaam is, veral teenoor God.

Gebruik:
• Die Here rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe. [Psalm 147:6]

Sinoniem:
• deemoedige
• nederige

Antoniem:
• hoogmoedige
• verwaande

Vertaling:
Engels: humble person, meek person
Nederlands: ootmoedige, nederige


Byvoeglike naamwoord: ootmoedig
Attributief: ootmoedige

Betekenis:
• Attributiewe vorm van ootmoedig: wat nederig en beskeie is; sonder hoogmoed of verwaandheid.

Gebruik:
• Hy is 'n ootmoedige mens wat nie graag met sy prestasies spog nie.

Vertaling:
Engels: humble, meek
Nederlands: ootmoedig, nederig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: erdslang
Volgende onderwerp: huisslang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 28 18:13:53 UTC 2026