Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » navigator
navigator [boodskap #153067] Ma., 28 September 2026 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26789
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
navigator
Afbreking: na•vi•ga•tor
Samestelling: navigeer + -ator


Selfstandige naamwoord: navigator
Meervoud: navigators
Verkleinwoord: navigatortjie
Meervoud van verkleining: navigatortjies

Betekenis:
• Persoon wat navigeer. Iemand wat die koers, posisie en roete van 'n voer- of vaartuig bepaal.
• Toestel of hulpmiddel waarmee genavigeer word.

Gebruik:
• Weens die navigator se agterlosigheid het die meeste van die mense aan boord gesterf.
• Die motor se navigator het die bestuurder gehelp om die vinnigste roete na sy bestemming te vind.

Sinoniem:
• skipper
• stuurman
• vaarder

Hiponiem:
• lugnavigator
• ruimtenavigator
• seenavigator

Vertaling:
Engels: navigator
Nederlands: navigator

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doodgoedkoop
Volgende onderwerp: erdslang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 10 02:58:15 UTC 2026