Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NP se laaste asem ...
NP se laaste asem ... [boodskap #15211] Wo, 27 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 May 1998 22:24:51 -0600, "Henri Burger"
wrote:

> As jy my vra, is hulle doelbewus besig om hulle self te laat verdwyn. Ek
> meen, hoe anders kan 'n mens dit interpreteer as hulle 'n hoofseun as
> hoofleier kies?
>
Ja, die "hoofseun" is gekies toe ek nog in Sa was - wat 'n
teleurstelling. In die verlede is 'n ou darem toegelaat dat sy
studente baardjie harder word voor hy heeltemal in die werklikheid
toegelaat word. Maar 'n man wat darem nog sit met melktande en wat
lyk of hy nog sy kleurbaadjie aan het ....!?!?

Daar was maar baie sulke teleurstellings - ek kan nou nie sê ek was
'n groot NP aanhanger nie, maar aan gebrek aan iets beter, het ek maar
so half onwillig saamgestap.

En die een ou wat ek gehoop het kan sy loopbaan skoon eindig, stel my
toe ook teleur. Ek het FW eenmaal ontmoet voor hy nog president was
toe hy by my vriend se skoonpa op Gansbaai gaan kuier het. Ek was
baie beindruk met die persoon, die manier waarop hy met sy seuns
gepraat het en net dood eenvoudig die manier waarop hy teenoor 'n paar
van ons opgetree het wat in 'n laer liga gestaan het.

En nou gooi hy sy vrou so weg .... ek is net bloot baie teleurgesteld!

Ewenwel, ja, dan klink dit of die NP nou laaste asem uitblaas. Nie
dat hulle juis veel meer as kaneel gep..p het die afgelope drie of
vier jaar nie.

En nou, wat gaan van die Kaap word? En al die Transvalers wat so
afgestroom het soontoe? En die buitelanders wat die eiendomspryse so
daar opgejaag het?

O hel, gelukkig is die Kaliforniese, Kanadese en selfs die Minnesota
wyn baie lekker!

My ma kuier nou by ons en dit maak 'n mens baie hartseer as jy nou
hoor hoe dinge verder en verder verswak en die land verder en verder
vergaan, stadig, maar merkbaar as jy na agt maande se afwesigheid weer
vars eerstehandse nuus kry.

Maar dit help dat mens weer waardeer wat jy nou hier het. My seuns se
fietse staan buite op die stoep en die buurman se groot duur Franse
reisies fiets ook, nie eens vasgesluit nie. Ek en my vrou het tienuur
vanaand hand aan hand na die kruidenierswinkel gestap om van die
plaaslike Cadbury sjokolade te koop om die met die SA produk te
vergelyk. Ons was amper alleen op straat en kon heerlik ontspanne
gesels met 'n paar van die winkeleienaars op pad wat besig was om
winkels te sluit. Nie 'n enkele leegleer te sien nie - net 'n paar
laataanders op rol-lemme. (Kinders is hier in ons stad onder 'n
aandklokreel en mag nie na tien buite wees nie. As hulle 15 word, mag
hulle in die week tot 11uur saans uit wees en naweke tot middernag.)

Ons hoop die stadsmense in SA sal ook kan besef hulle kan die situasie
omkeer as almal net wil. Is maar beter ek is hier ver weg want ek het
nie veel hoop nie en ek dink mens moet positief wees oor waar jy bly -
soos wat ek hard probeer om te wees oor Minnesota se koue winters!!
BAIE koue winters!

Groetnis
Re: NP se laaste asem ... [boodskap #15306 is 'n antwoord op boodskap #15211] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Marike weet, net soos prinses Diana, hoe om die "gehoor" te manipuleer, en
dit als met baie liefde.

My suster, wat die binneversiering van staatsgastehuise, ministerswonings,
ens. behartig, het vir baie jare baie met Marike te doen gehad, en kan
boeke volskryf. Sy is werklik 'n baie moeilike mens. Sy was nie rerig
uitgeknip vir die rol waarin sy haar bevind het nie.

Dit het te doen met die emosionele sekuriteit wat sy as kind nooit ontvang
het nie.
FW de Klerk het rerig baie lank, onder baie moeilike huweliksomstandighede
uitgehou.
Die mense naby aan hulle, huldig 'n ander mening as die res van haar
bewonderaars.
Vorige onderwerp: help
Volgende onderwerp: DIE BEGIN VAN ALLES..........!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 22:10:35 MGT 2024