| gordelakkedis [boodskap #153055] |
So., 27 September 2026 09:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26824 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n Gordelakkedis.
gordelakkedis
Afbreking: gor•del•ak•ke•dis
Samestelling: gordel + akkedis
Selfstandige naamwoord: gordelakkedis
Meervoud: gordelakkedisse
Verkleinwoord: gordelakkedisie
Meervoud van verkleining: gordelakkedisies
Betekenis:
• 'n Akkedis met stekelrige skubbe wat 'n pantseragtige gordel om die lyf en stert vorm, familie Cordylidae.
Gebruik:
• Gordelakkedisse hou daarvan om in die son te bak en skuil vinnig in 'n rotsskeur wanneer gevaar dreig.
Hiponiem:
• reusegordelakkedis (ook bekend as groot gordelakkedis, ouvolk of skurwejan)
• swartgordelakkedis
Vertaling:
Engels: girdled lizard
Nederlands: gordelstaarthagedis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|