| ongewerwelde [boodskap #153010] |
Wo., 23 September 2026 14:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26814 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
ongewerwelde
Afbreking: on•ge•wer•wel•de
Samestelling: on- + gewerwelde
Selfstandige naamwoord: ongewerwelde
Meervoud: ongewerweldes
Betekenis:
• 'n Dier sonder 'n rugwerwel of werwelkolom.
Gebruik:
• 'n Skerpioen is 'n ongewerwelde.
• Insekte, spinnekoppe, weekdiere en wurms is ongewerweldes.
Sinoniem:
• invertebraat
Antoniem:
• gewerwelde
• ruggraatdier
• werweldier
Vertaling:
Engels: invertebrate
Nederlands: ongewervelde
Byvoeglike naamwoord: ongewerwel, ongewerweld
Attributief: ongewerwelde
Betekenis:
• Attributiewe vorm van ongewerwel: wat nie 'n ruggraat het nie.
Gebruik:
• 'n Slak is 'n ongewerwelde dier.
Vertaling:
Engels: invertebrate
Nederlands: ongewerveld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|