| skeikundig [boodskap #152997] |
Wo., 23 September 2026 06:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26609 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
skeikundig
Afbreking: skei•kun•dig
Samestelling: skei + kundig
Byvoeglike naamwoord: skeikundig
Attributief: skeikundige
Betekenis:
• Wat betrekking het op die skeikunde (chemie).
Gebruik:
• Die laboratorium het die watermonster skeikundig ontleed.
• Die ligstrale veroorsaak 'n skeikundige reaksie in die retina se ligsensitiewe selle.
Sinoniem:
• chemies
Afkorting:
• skeik.
Vertaling:
Engels: chemical, chemically
Nederlands: scheikundig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|