Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brandmuur
brandmuur [boodskap #152952] Sa., 19 September 2026 07:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26609
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
brandmuur
Afbreking: brand•muur
Samestelling: brand + muur


Selfstandige naamwoord: brandmuur
Meervoud: brandmure
Verkleinwoord: brandmuurtjie
Meervoud van verkleining: brandmuurtjies

Betekenis:
• 'n Brandwerende muur tussen twee geboue of dele van geboue.
• (rekenaars) Toestel of program wat 'n rekenaar of netwerk afskerm en netwerkverkeer filtreer.

Gebruik:
• Skakelhuise word dikwels deur 'n brandmuur van mekaar geskei.
• 'n Brandmuur beskerm jou rekenaar teen aanvalle van kuberkrakers en hou jou data privaat.

Sinoniem:
• spermuur
• vuurmuur
• vuurskans

Vertaling:
Engels: fire-resistant wall; firewall
Nederlands: brandmuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitdeler
Volgende onderwerp: doene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 24 14:07:29 UTC 2026