Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moddervet
moddervet [boodskap #152885] So., 13 September 2026 17:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26488
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
moddervet
Afbreking: mod•der•vet
Samestelling: modder + vet


Byvoeglike naamwoord: moddervet
Attributief: moddervet

Betekenis:
• Intensiewe vorm van vet: baie vet; buitengewoon dik en oorgewig (veral ten opsigte van diere).

Gebruik:
• Die vis is moddervet.
• Die moddervet vark kan kwalik deur die hek pas.

Sinoniem:
• blinkvet
• spekvet

Antoniem:
• brandmaer
• rietskraal

Vertaling:
Engels: very fat, plump as a partridge
Nederlands: moddervet, zeer dik

Nota:
• Die tekstuur van modder is blykbaar soortgelyk aan die van vet.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blinkvet
Volgende onderwerp: doodvervelend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 18:43:57 UTC 2026