Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jakkalsskelm
jakkalsskelm [boodskap #152881] So., 13 September 2026 16:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26488
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
jakkalsskelm
Afbreking: jak•kals•skelm
Samestelling: jakkals + skelm


Byvoeglike naamwoord: jakkalsskelm
Attributief: jakkalsskelm

Betekenis:
• Intensiewe vorm van skelm: baie skelm; so listig en slinks soos 'n jakkals.

Gebruik:
• Die seun is jakkalsskelm en het selfs sy ouers om die bos gelei.
• Sy het haar plan met 'n jakkalsskelm glimlag aan ons verduidelik.

Sinoniem:
• slinks
• listig
• uitgeslape

Antoniem:
• doodeerlik
• opreg

Vertaling:
Engels: sly as a fox, cunning
Nederlands: sluw als een vos, listig; geslepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 13 September 2026 16:56]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: reëlreguit
Volgende onderwerp: helwarm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 18:44:21 UTC 2026