| kraaknetjies [boodskap #152853] |
Vr., 11 September 2026 07:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26477 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kraaknetjies
Afbreking: kraak•ne•tjies
Samestelling: kraak + netjies
Byvoeglike naamwoord: kraaknetjies
Attributief: kraaknetjiese
Betekenis:
• Intensiewe vorm van netjies: baie netjies; ordelik en aan die kant.
Gebruik:
• Die tannie se huis is altyd kraaknetjies en daar is nie 'n dingetjie uit sy plek nie.
Sinoniem:
• kraaksindelik
• kraakskoon
• silwerskoon
• smetloos
• vlekloos
Antoniem:
• deurmekaar
• chaoties
• onordelik
• slordig
Vertaling:
Engels: very neat, immaculately neat
Nederlands: keurig netjes, bijzonder netjes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|