| kategoriseer [boodskap #152780] |
So., 06 September 2026 16:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26510 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kategoriseer
Afbreking: ka•te•go•ri•seer
Samestelling: kategorie + -iseer
Werkwoord: kategoriseer
Verlede tyd: het gekategoriseer
Teenwoordige deelwoord: kategoriserend, kategoriserende
Verlede deelwoord: gekategoriseer
Betekenis:
• Om in kategorieë te plaas; volgens eienskappe of ander kriteria in groepe indeel.
Gebruik:
• Die skaapboer kategoriseer die wol volgens kwaliteit.
• Die sterrekundige het die planete volgens grootte gekategoriseer.
Sinoniem:
• indeel
• gradeer
• groepeer
• klassifiseer
• orden
• rangskik
• sorteer
• verdeel
Afgelei:
• kategoriseerbaar
• kategorisering
Vertaling:
Engels: to categorize, classify
Nederlands: categoriseren, indelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|