| moedersielalleen [boodskap #152757] |
Di., 01 September 2026 08:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26404 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
moedersielalleen
Afbreking: moe•der•siel•al•leen
Samestelling: moeder + siel + alleen
Byvoeglike naamwoord: moedersielalleen
Attributief: moedersielalleen
Betekenis:
• Intensiewe vorm van alleen: heeltemal alleen; sonder ander mense by jou.
Gebruik:
• Die kluisenaar het moedersielalleen in die groot huis gebly.
Sinoniem:
• doodalleen
• manalleen
• vroualleen
• stokalleen
• stoksielalleen
• vingeralleen
Vertaling:
Engels: quite alone, completely alone
Nederlands: moederziel alleen, moederzielalleen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|