Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skilderkuns
skilderkuns [boodskap #152719] Sa., 29 Augustus 2026 11:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skilderkuns
Afbreking: skil•der•kuns
Samestelling: skilder + kuns


Selfstandige naamwoord: skilderkuns
Meervoud:

Betekenis:
• Die kuns om beelde met verf of soortgelyke materiaal op 'n oppervlak uit te beeld, of 'n afbeelding wat so geskep is.

Gebruik:
• Jan Volschenk was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns gewy het.

Hiponiem:
• akrielskilderkuns
• brandskilderkuns
• landskapskilderkuns
• olieskilderkuns
• stilleweskilderkuns
• toneelskilderkuns
• wasskilderkuns
• waterverfskilderkuns

Afgelei:
• skilderkunstig

Vertaling:
Engels: art of painting, pictorial art
Nederlands: schilderkunst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 29 Augustus 2026 11:27]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: stryker
Volgende onderwerp: uitlaatklep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 30 21:24:08 UTC 2026