| stomverbaas [boodskap #152659] |
Di., 25 Augustus 2026 07:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26767 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
stomverbaas
Afbreking: stom•ver•baas
Samestelling: stom + verbaas
Byvoeglike naamwoord: stomverbaas
Attributief: stomverbaasde
Betekenis:
• Intensiewe vorm van verbaas: so verbaas dat 'n mens nie weet wat om te sê nie.
Gebruik:
• Hy was stomverbaas toe hy hoor dat hy die kompetisie gewen het.
Sinoniem:
• oorbluf
• sprakeloos
• stomgeslaan
• verbysterd
• verslae
• verstom
Afgelei:
• stomverbasing
Vertaling:
Engels: dumbfounded, astonished, speechless
Nederlands: stomverbaasd, verbijsterd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 19:31] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|