Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Totsiens, Suid Afrika
Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15253] Do, 28 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wel, dit is tyd om te groet.

Ek sal nog in kontak bly met die nuusgroep, maar nie meer van Suid-Afrikaanse
bodem nie.

DV 4 Junie vlieg my vrou, my seun, my hond en my eie Afrikanerbagasie na
Nederland.

Ek wil om verskoning vra vir Gloudien omdat ek nognie daardie lirieke klaar
gepubliseer het hier nie - iets te make met kopiereg het die plateouens my
die swye laat oplê. Maar dit sal seker net so twee weke wees dan is alles
goed - 'ksal laat weet.

Dit is nie 'n Haiku nie, maar dit sal moet doen.

geen verskonings
baie vrae
geen verduidelikings
geen identiteit

miskien lafhartig
miskien braaf
miskien half vol
miskien half leeg

een moord te veel
het niemand gepla
miljoene wys na die goue rand as die son
of miskien lieg hul maar net...

Groete uit nêrens

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15254 is 'n antwoord op boodskap #15253] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
>> DV 4 Junie vlieg my vrou, my seun, my hond en my eie Afrikanerbagasie na
> Nederland.

Waar bring jou hond sy kwarantiene deur? In Nederland of Engeland? 6 maande?

Stel net belang, want dis maar moeilik.
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15304 is 'n antwoord op boodskap #15253] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
>
> gide...@usa.net wrote in message ...
>>> DV 4 Junie vlieg my vrou, my seun, my hond en my eie Afrikanerbagasie na
>> Nederland.
>
> Waar bring jou hond sy kwarantiene deur? In Nederland of Engeland? 6 maande?
>
> Stel net belang, want dis maar moeilik.
>
>
Net 'n sertifikaat dat sy haar hondsdolheidinspuiting en ander gekry het, sy
moet gesertifiseer word as gesond deur ons veearts, en die staatsveearts moet
dit ook sertifiseer. Dan klim sy op die vliegtuig en af aan die ander kant.
Geen kwarantyn.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: DIE BEGIN VAN ALLES..........!!
Volgende onderwerp: Johan die kuber-farmakoloog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:27:53 MGT 2024