Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Totsiens, Suid Afrika
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15250] Do, 28 Mei 1998 00:00
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Waar bring jou hond sy kwarantiene deur? In Nederland of Engeland? 6 maande?

'n Argaise engelse wet wat nie tred hou met tegnologiese vooruitgang nie, wat
dit moontlik maak om na twee weke (vandaar die duitse kwarantyn-periode) enige
dolheid of rabies in 'n hond te diagnoseer. Ek het my hond saamgebring VSA
toe, en het hom van die vliegtuig afgelaai - geen kwarantyn, gegee dat sy
innokulasiedokumentasie op datum was.
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15251 is 'n antwoord op boodskap #15250] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes: > Wel, dit is tyd om te groet.

>
> Ek wil om verskoning vra vir Gloudien omdat ek nognie daardie lirieke klaar
> gepubliseer het hier nie - iets te make met kopiereg het die plateouens my
> die swye laat oplê. Maar dit sal seker net so twee weke wees dan is alles
> goed - 'ksal laat weet.

Nou, dis 'n belofte Gideon. En kom op
die nuusgroep so gou as moontlik.Vertel
ons dan van dinge wat jy ervaar. Dit sal
ons almal interesseer. Vir my definitief.
Ek voel altyd effens jammer vir iemand
wat uit die Boland emigreer. Hulle verlaat
een van die mooiste dele van die wereld.

Gloudina
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15252 is 'n antwoord op boodskap #15250] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer L. Logan  is tans af-lyn  Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Ek voel altyd effens jammer vir iemand
> wat uit die Boland emigreer. Hulle verlaat
> een van die mooiste dele van die wereld.
>

Hoekom gaan jy nie terug nie. Ek's seker Mandela en kornuite sal vir jou die
gou loper uitrol.

Jennifer

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon to
Choke & Puke.
Vorige onderwerp: Wat is 'n Afrikaanse Afrikaner?
Volgende onderwerp: Gloudina vs Jennifer - nou bars die bom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 11:48:41 MGT 2024