| dunbevolk [boodskap #152493] |
Di., 11 Augustus 2026 18:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26086 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
dunbevolk
Afbreking: dun•be•volk
Samestelling: dun + bevolk
Byvoeglike naamwoord: dunbevolk
Attributief: dunbevolkte
Betekenis:
• Wat 'n lae bevolkingsdigtheid het; met 'n klein populasie in verhouding tot die oppervlakte.
Gebruik:
• Die gebied is dunbevolk met relatief min nedersettings.
• Die Noord-Kaap is 'n groot, dunbevolkte provinsie.
Sinoniem:
• ylbevolk
• ylbewoon
Antoniem:
• digbevolk
Vertaling:
Engels: sparsely populated
Nederlands: dunbevolkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|