Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Griet skryf 'n Sprokie
Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15247] Wo, 27 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Griet,

Ek het jou storie oor 'n kleindorpse debakel terdeë geniet. Jy gee opnuut
betekenis aan 'vat hom laag'! Skryf nog.

Ek wil vir jou 'n storie vertel, wat eintlik vir Gloudina bedoel was, maar
sy het nie laat blyk dat sy belangstel nie. Miskien het jy hom al gehoor:

Die ander aand sit ons so om die hardekoolvuur langs die Olifants, al
luisterend na die gesnork van die seekoeie hier neffens ons, terwyl ons
rustig teug aan die Chateau Libertas (Krismis se Roodeberg het die vorige
keer al die bodem gesien). Die Rubicon hou ek vir my en vroulief vir wanneer
die kinders een aan by maatjies gaan slaap - Shakespear het mos gesê
"Alcohol provokes the desire...", maar voor ek die wysheid kan voltooi, tjip
haar vriendin altyd in met "man hy het bokkerôl van wyn geweet!" En sy het
'n bybie om dit te bewys - sy bynaam is "Boplaas", na aanleiding van die
port wat sy by Carel Nel gekoop het toe ons laasjaar by die Kunstefees was.

Maar nou het ek heeltemal afgedwaal. Laataand toe die leeus begin brul, en
'n hiëna hier naby sy uitgerekte kinkhoesroep los, toe skuif almal so 'n
bietjie nader aan die vuur, en begin vertel van noue ontkomings met wilde
diere. So half eenkant het 'n ou met rooi hare en sproete, wat ek nie
eintlik geken het nie, rustig aan 'n Klip en Coke gesit en suig, Hermias
Bester. Toe almal nou al net kort duskant die dood omgedraai het, praat hy
vir die eerste keer, met 'n sterk Noordweste aksent.

"Daai's alles fiekerôl", sê Hermias. Hy vertel ons toe hoe hy een oggend op
Noenieput in die koöperasie in 'n Landbouweekblad lees van 'n opkomende
Dorperveiling op Hotazel. Dit was 'n besonderse reënjaar in wat die Weerburo
destyds 'Gordonia' genoem het, en die skaap was vet. Net daar oortuig hy sy
pa dat hulle so 20 skaap op die veiling moet loop sit.

Hulle leen toe sy oom Andries se Landcruiser, die een met die relings,
waarvan die bande se seil so plek-plek deurkom. Vroeg die betrokke môre
vertrek hulle toe met die skaap oor Askam Hotazel toe. Anderkant Kings Rest
begin die son sulke rooi strale oor die pienk duine langs die Kurumanrivier
gooi. In die skemerte sien hy iets voor in die grondpad lê, maar voor hy kon
waarsku, is sy pa bo-oor.

Die Cruiser gee net so 'n paar rukke, en kom dwars in die pad tot stilstand.
Met die uitklimslag sien hulle hier onder die mudguard bo die regter
voorwiel is 'n ding opgerol, en sy ogies spring heen en weer, soos 'n krap
s'n. "Julle weet mos 'n pofadder se tande is hol", sê Hermias. Ja, ons weet.
Nou, volgens Hermias het die pofadder deur daai flentergat band gepik, en
nodeloos om te sê, as die bande so lyk, is daar van 'n spaarwiel geen sprake
nie.

Sy pa sit toe die Cruiser in reverse en stoot versigtig agteruit. Met die
rol die pofadder af, maar al die wind blaas deur daai hol tande in die ding
se lyf in. Nou is die band pap, en die pofadder opgeblaas, al ses voet van
hom. Hermias gryp die slang agter die kop en probeer hom afpluk, maar sy pa
keer hom. "Ek het 'n plan", sê pa.

Sy pa klim toe op die pofadder se stert, en begin voetjie vir voetjie die
wind terug werk in die band in. Maar hy's te haastig, dan glip die wind
verby, dan moet hy weer voor begin. Uiteindelik is al die wind terug in die
band. Sy pa gryp die pofadder agter sy kop vas, knoop sy nek, en toe ry
hulle deur Hotazel toe.

Die beste pryse ooit vir Dorpers gekry.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15248 is 'n antwoord op boodskap #15247] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
hen...@sukikaki.pixie.co.za (Henri Burger) skryf. . .

'n lang, slap storie vol wind oor 'n pofadder, wat
'n mens nogal kan glo; MAAR . . .

> . . . 'n opkomende Dorperveiling op Hotazel.

Dit strek die waarheid nou effe dun - dunner as die
seil op die Landcruiser se bande.

Het Hotazel nou van 'n myndorp in 'n plaasdorp verander ?

Hjalmar - voormalige mangaanontginner.
________
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15297 is 'n antwoord op boodskap #15247] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> So hoe kom ek nou weer in die ekwasie, Henri?

Toe ek jou die keer gevra het waar jy grootgeword het, het ek dit opgevolg
met 'n vraag of jy Noenieput, Askam en daai plekke ken. Ek het toe gesê jy
moet onthou dat ek die storie vertel. Jy het nooit geantwoord nie, maar dit
kan wees dat my pos weggeraak het.

> Dit het my op die kant van die
> stoel gehou die hele tyd, en daar was niks
> seks in nie!

O ja, daar was! My vrou se vriendin wat n.a.v. Shakespear se 'Alcohol
provokes the desire...' gesê het Shakespear het bokkerôl van wyn geweet nie.
OK, dit was inuendo, maar dit was daar.

Jy weet natuurlik dat sg. 'hyg romans' tans die grootste Afrikaanse
verkopers is?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15298 is 'n antwoord op boodskap #15247] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Liewe tannie,

Griet skryf toe 'n sprokie wat vir Antie Kanaal Aap in 'n lokval inlei,
moeder.
Die moderne Afrikaner vrou, soos goed vergestalt in Dalene Mathee, Maritha
van der Vyver, Marlene van Niekerk, al die ander Afrikaner hygroman
skryfsters,en selfs hierdie Griet baie beskeie self hier op die NG, is 'n
paar eeue na Gloudina gebore. Ons praat nie net openlik daaroor nie, ons
geniet dit ook en wys dit. Jy dra soveel bagasie uit jou verlede saam, dat
ek wonder of jy weet wat 'n blowjob is.

Ontspan, skat. Griet praat van 'n mengeldrankie by 'n nagklub.

Enige iemand vlugsout vir die vrou!!!!

Ouma Kanaal dop toe nog 'n toets oor haar werklike kennis en insig in die
nuwe Suid-Afrika. Henri, vertel asseblief vir my die storie, ek het dit
gemis.

@igs.net wrote in article ...
> "Henri Burger" writes: >
>
>> Ek wil vir jou 'n storie vertel, wat eintlik vir Gloudina bedoel was, maar
>> sy het nie laat blyk dat sy belangstel nie. Miskien het jy hom al gehoor:
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15299 is 'n antwoord op boodskap #15247] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Ek wil vir jou 'n storie vertel, wat eintlik vir Gloudina bedoel was, maar
> sy het nie laat blyk dat sy belangstel nie. Miskien het jy hom
al gehoor:


So hoe kom ek nou weer in die ekwasie, Henri?
In alle geval, alhoewel ek dink ek die storie
al vantevore gehoor het, dankie dat jy my weer
laat lag het. Dit het my op die kant van die
stoel gehou die hele tyd, en daar was niks
seks in nie! En jou prosa is so goed as jou
digwerk.

Gloudina
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15341 is 'n antwoord op boodskap #15247] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

. Ons praat nie net openlik daaroor nie, ons
> geniet dit ook en wys dit. Jy dra soveel bagasie uit jou verlede saam, dat
> ek wonder of jy weet wat 'n blowjob is.

So jy is 'n (hoop jy) skrywer van hyg-roman
materiaal? Dit vat meer as dit om 'n sukses-
volle hygroman te skryf. Ook hier is Kanadese
die leiers in die wereld. "Harlequin" hygromans
domineer die Engelssprekende wereldmark. Dis
nou julle Mills and Boon-boeke. Die Mills kom
van Don Mills af, 'n deel van Toronto.

Nou vra jy of die tannie weet wat 'n blowjob
is. Griet, ek adviseer vir Clinton.

> Ouma Kanaal dop toe nog 'n toets oor haar werklike kennis en insig in die
> nuwe Suid-Afrika.

As dit wat jy skryf die Afrikaner-komponent
van die SA bevolking bevredig (beide wat
kwaliteit en inhoud betref) dan sê ek,
niemand sal hulle mis nie. Gelukkig weet
ek dat dit maar net tien persent van die
Afrikaners is wat soos jy dink.

Gaan lees nou Henri se storie oor die slang
en die moterwiel, dit was nou 'n hot storie.
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15490 is 'n antwoord op boodskap #15247] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

>> O ja, daar was! My vrou se vriendin wat n.a.v. Shakespear se 'Alcohol
>> provokes the desire...' gesê het Shakespear het bokkerôl van wyn geweet

> Hmm... Onthou net: die res van die sin is "....but mars the performance"
> (miskien waarna jou vrou se vriendin verwys? :-)

Presies die rede hoekom sy sê Shakespear het bokkerôl van wyn geweet nie,
Leendert!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Griet skryf 'n Sprokie [boodskap #15491 is 'n antwoord op boodskap #15247] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
>
> Gloudina skryf:
>
>
>> Dit het my op die kant van die
>> stoel gehou die hele tyd, en daar was niks
>> seks in nie!
>
> O ja, daar was! My vrou se vriendin wat n.a.v. Shakespear se 'Alcohol
> provokes the desire...' gesê het Shakespear het bokkerôl van wyn geweet nie.
> OK, dit was inuendo, maar dit was daar.
>
Hmm... Onthou net: die res van die sin is "....but mars the performance"
(miskien waarna jou vrou se vriendin verwys? :-)

Die aanhaling is ook uit Macbeth - die toneel met die dronk portier.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Om die Hardekoolvuur ll
Volgende onderwerp: Dwelms en bedwelmdheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 14:44:21 MGT 2024