| ruimteverkenning [boodskap #152465] |
So., 09 Augustus 2026 09:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
ruimteverkenning
Afbreking: ruim•te•ver•ken•ning
Samestelling: ruimte + verkenning
Selfstandige naamwoord: ruimteverkenning
Meervoud: ruimteverkennings
Betekenis:
• Die verkenning van die buitenste ruimte deur middel van teleskope, satelliete, ruimtetuie, ruimtestasie, ens.
Gebruik:
• Ruimteverkenning verbreed ons kennis van die heelal en laat ons opnuut dink oor ons plek daarin.
Sinoniem:
• ruimtenavorsing
Afgelei:
• ruimteverkenningstuig
Vertaling:
Engels: space exploration
Nederlands: ruimteverkenning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|