Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verfwerk
verfwerk [boodskap #152421] Wo., 05 Augustus 2026 12:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26084
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verfwerk
Afbreking: verf•werk
Samestelling: verf + werk


Selfstandige naamwoord: verfwerk
Meervoud: verfwerke
Verkleinwoord: verfwerkie
Meervoud van verkleining: verfwerkies

Betekenis:
• Die werk wat ingesit word om iets te verf.
• Iets wat geverf is; die resultaat van verf.

Gebruik:
• Die oppervlakke moet skoon en droog wees voordat verfwerk kan begin.
• Die motor se verfwerk is beskadig. Die kunstenaar verkoop sy verfwerke langs die pad.

Hiponiem:
• handverfwerk
• spuitverfwerk

Afgelei:
• verfwerkplaas

Vertaling:
Engels: paintwork, paint job
Nederlands: verfwerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wandelstok
Volgende onderwerp: treindiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Aug. 11 16:13:31 UTC 2026