Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waaragtig
waaragtig [boodskap #152284] Di., 21 Julie 2026 07:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25935
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waaragtig
Afbreking: waar•ag•tig
Samestelling: waar + -agtig


Byvoeglike naamwoord: waaragtig
Vergrotende trap: waaragtiger
Oortreffende trap: waaragtigste
Attributief: waaragtige

Betekenis:
• Wat absoluut waar en betroubaar is.

Gebruik:
• Hy is die waaragtige God.
• So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. [Romeine 14:11]

Sinoniem:
• eg
• geloofwaardig
• onbetwyfelbaar
• opreg
• voorwaar
• waarlik

Antoniem:
• onwaaragtig

Afgelei:
• waaragtigheid

Vertaling:
Engels: true, real, genuine
Nederlands: waarachtig


Bywoord: waaragtig

Betekenis:
• Wat baie beslis so is.

Gebruik:
• Dit is waaragtig pragtig.

Sinoniem:
• beslis
• inderdaad
• regtig
• rêrig
• sowaar
• weliswaar
• werklik
• werklikwaar
• wrintiewaar

Vertaling:
Engels: truly, really
Nederlands: waarachtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omnipotent
Volgende onderwerp: swaargebou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jul. 26 19:47:05 UTC 2026