Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eenklank
eenklank [boodskap #152197] Ma., 13 Julie 2026 18:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25892
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenklank
Afbreking: een•klank
Samestelling: een + klank


Selfstandige naamwoord: eenklank
Meervoud: eenklanke

Betekenis:
• (taalkunde) 'n Vokaal wat as een enkele klank uitgespreek word.
• (musiek) Verskillende tone met dieselfde toonhoogte.

Gebruik:
• Klanke soos "a", "aa", "e", "ee", "u" en "uu" is eenklanke, maar "ai", "ei" en "ui" is tweeklanke.
• Die kinders sing die liedjie in eenklank saam.

Sinoniem:
• monoftong

Verwant:
• tweeklank

Vertaling:
Engels: monophthong; unison
Nederlands: eenklank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitgewend
Volgende onderwerp: afvaardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 21 19:18:53 UTC 2026