Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » remmend
remmend [boodskap #152184] So., 12 Julie 2026 12:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25910
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
remmend
Afbreking: rem•mend
Samestelling: rem + -end


Byvoeglike naamwoord: remmend
Attributief: remmende
Partitief: remmends

Betekenis:
• Wat snelheid verminder.
• Wat groei, ontwikkeling of vordering vertraag.

Gebruik:
• Hy het nie die remmende motors voor hom gesien nie.
• Oormatige regulasies kan remmend op die ekonomiese inwerk.

Sinoniem:
• belemmerend
• beperkend
• inhiberend
• stremmend
• teenwerkend
• vertragend

Antoniem:
• bevorderend
• versnellend

Vertaling:
Engels: braking; slowing, restraining, inhibiting
Nederlands: remmend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord rem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 20 Julie 2026 06:23]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: deurleef
Volgende onderwerp: tafelblad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jul. 24 01:16:10 UTC 2026