Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......???
Re: AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......??? [boodskap #15217] Wo, 27 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GALJOEN writes:

> Die gevaar is natuurlik dat daar 'n "backlash" kom van blankes wat
> gatvol
> raak oor al die "gekerm" oor die verlede en die melk van
> "skuldgevoelens".
> Ook is die gevaar dat die Aboriginees in 'n groef vasval waar hul
> nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie situasie
en toekoms nie.

So, Galjoen, praat elke "blanke" in
Australi"e wat vergeet het dat hulle
voorsate met geen by your leave in
'n anderman se land ingestap het en
hom daar gaan plak het. Nou bekommer
hulle hul dat die Eerste Nasies van
Australi"e in 'n groef sal vasval!
Hier in Kanada het die kerke al klaar
hul jammerte uitgespreek vir die
ontworteling (en in baie gevalle
fisiese en seksuele aanranding) wat
die Eerste Nasies moes ondergaan in
die regeringskoshuise. Dit maak nie
seer om te sê jy is jammer nie. Dis
nou die seisoen vir vergiffenis.
Selfs die Japanese doen dit.

Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaans/Engelse woordelyste
Volgende onderwerp: Re: Griet skryf 'n Sprokie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 11:44:53 MGT 2024