| makmaak [boodskap #152125] |
Ma., 06 Julie 2026 07:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26074 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
makmaak
Afbreking: mak•maak
Samestelling: mak + maak
Werkwoord: maak mak, makmaak
Verlede tyd: het makgemaak
Teenwoordige deelwoord: makmakend, makmakende
Verlede deelwoord: makgemaakte
Betekenis:
• Om 'n wilde dier onder beheer te bring en aan mense gewoond te maak.
Gebruik:
• Hy maak 'n muishond mak.
• Springhase kan redelik maklik makgemaak word.
Sinoniem:
• afrig
• beteuel
• domestikeer
• inbreek
• onderwerp
• tem
Antoniem:
• verwilder
Vertaling:
Engels: to tame, domesticate
Nederlands: mak maken, temmen, domesticeren
Selfstandige naamwoord: makmaak
Meervoud: –
Betekenis:
• Die makmaakproses.
Gebruik:
• Die makmaak van wild is 'n tydrowende proses.
Vertaling:
Engels: domestication
Nederlands: domesticatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|