| veiligheidsklep [boodskap #152115] |
So., 05 Julie 2026 07:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25955 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veiligheidsklep
Afbreking: vei•lig•heids•klep
Samestelling: veiligheid + -s- + klep
Selfstandige naamwoord: veiligheidsklep
Meervoud: veiligheidskleppe
Betekenis:
• 'n Klep wat oopmaak om oormatige druk te laat ontsnap of 'n gevaarlike toestand te voorkom.
• (figuurlik) Iets wat spanning verminder.
Gebruik:
• Alle stoomketels het 'n veiligheidsklep om ontploffing onder hoë druk te voorkom.
• Sport is 'n veiligheidsklep wat mense help om van hulle woede en frustrasie ontslae te raak.
Sinoniem:
• drukontlasklep
• ontlasklep
• oordrukklep
Vertaling:
Engels: safety valve, escape valve
Nederlands: veiligheidsklep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|