| eenkeer [boodskap #152043] |
Ma., 29 Junie 2026 08:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25692 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenkeer
Afbreking: een•keer
Samestelling: een + keer
Bywoord: eenkeer
Betekenis:
• By 'n onbepaalde geleentheid in die verlede of toekoms.
• Baie beslis (benadruk wat gesê is).
Gebruik:
• Ek was ook eenkeer 'n kind, my moeder se oogappel, haar enigste. [Spreuke 4:3]
• Dis nou maar eenkeer so. Luister, dis nou eenkeer te veel!
Sinoniem:
• eens
• eenmaal
Vertaling:
Engels: once; simply
Nederlands: eenmaal; nu eenmaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|