Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resepte
Resepte [boodskap #14502] Ma, 11 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Gegroet Vriende,

Ek sit hier in die VSA en is opsoek na 'n paar tradisionele boere
repte(wors,brood,bobotie ens.) Enige resepte sal opreg waardeer word.
Re: Resepte [boodskap #14719 is 'n antwoord op boodskap #14502] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Besorgd  is tans af-lyn  Besorgd
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bobotie

Vooraf verhit die oond tot 180 grade C (350 grade F)

1 kg maalvleis
2 k water

Kook die maalvleis tot gaar
Gooi die water af en hou dit eenkant
Week twee snye brood in die water

Voeg by die vleis

1 k pitloose rosyne
2 groot uie fyn gekap en 'n bietjie gebraai
1/4 k margarine
2 t aromat
2 e kerrie (na smaak)
1 e asyn
1 t sout (na smaak)
2 snye brood in die afgegooide water geweek

Meng die bestandele goed met die vooraf gekookte vleis.

Ander bestandele

Appelkooskonfyt
Gedroogte appelkose
4 piesangs
2 eiers in 'n halwe koppie melk geklits

Smeer 'n oondvaste bak sodat die bobotie nie vassit nie.
1 Gooi die helfte van die vleismengsel in die bak.
2 Smeer 'n laag appelkooskonfyt bo-oor.
3 Plaas 'n laag gedroogte appelkose bo-oor.
4 Dan ' laag gesnyde piesangs.
Herhaal stap 1 tot 4.
Gooi die geklitste eiers en melk mengsel bo-oor
Bak vir ongeveer 30 minute in die oond tot dit mooi styf en bruin bo-op is.

Bedien met blatjang, klapper en gekapte pynappel.

Resep van Mollie de Witt

--
Tot weder siens
Re: Resepte [boodskap #15203 is 'n antwoord op boodskap #14502] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir jou besorgdheid(en die resep) vir hierdie boer klong. Ek gaan
dit baie geniet.

Groete
Vorige onderwerp: Afrikaanse kookkuns
Volgende onderwerp: Re: koeksisters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 09:20:41 MGT 2024