Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Resepte
Resepte [boodskap #15202] Di, 26 Mei 1998 00:00
Besorgd  is tans af-lyn  Besorgd
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ertjie en Aartappel Skaapvleis Bredie

Bestanddele

15 ml Olie
1 Groot ui, gekap
700 g Skaapskenkel
1 Bief geur blokkie
200 ml Water
3 Groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
400 g Ertjies
3 Wortels, geskil en in skywe gesny
25 ml Souspeoier
25 ml Mielieblom
2 ml Roosmaryn
5 ml Pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak

Metode

Verhit die olie en braai die uie en dan die vleis.
Voeg die bief geur blokkie en die water by en prut vir 45 minute.
Voeg die aartappels by, laat vir 'n verdere 45 minute prut.
Voeg die ertjies en wortels by en prut vit nog 15 minute.
Meng die souspoeier en mielieblom met 50 ml water. Roer dit in die bredie om dit dik te maak. Geur na smaak.
Die bredie lewer ongeveer 6 porsies

Wenk: Vir lekker toebroodjies, sny die oorskiet bredie fyn, voeg mayonnais by en smeer op brood.

--
Tot weder siens
Vorige onderwerp: koeksisters
Volgende onderwerp: Aan Leendert: die Afrikaner en sy geskiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:01:16 MGT 2024