| fakulteit [boodskap #151968] |
Ma., 22 Junie 2026 07:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fakulteit
Afbreking: fa•kul•teit
Selfstandige naamwoord: fakulteit
Meervoud: fakulteite
Betekenis:
• Afdeling van 'n universiteit wat deur 'n dekaan bestuur word.
• (verouderd) Die vermoë, aanleg of gawe om iets te doen.
• (wiskunde) Die produk van 'n getal met al die positiewe heelgetalle kleiner as dié getal.
Gebruik:
• Hy is 'n professor verbonde aan die mediese fakulteit.
• Sy het 'n besondere fakulteit vir tale.
• Vyf fakulteit, of 5! is gelyk aan 5 x 4 x 3 x 2 x 1 en is dus 120.
Hiponiem:
• handelsfakulteit
• ingenieursfakulteit
• regsfakulteit
Afgelei:
• fakulteitshoof
• fakulteitsraad
• fakulteitsvergadering
Vertaling:
Engels: faculty
Nederlands: faculteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|