Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goddelose
goddelose [boodskap #151944] Sa., 20 Junie 2026 10:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25752
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goddelose
Afbreking: god•de•lo•se
Samestelling: goddeloos + -e


Selfstandige naamwoord: goddelose
Meervoud: goddeloses

Betekenis:
• 'n Persoon sonder geloof in God, of figuurlik, iemand wat moreel sleg en verdorwe is.

Gebruik:
• Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. [Psalms 91:8]

Spreekwoord:
• Appelkose vir die goddelose. [Die slegtes verdien onaangenaamheid.]

Sinoniem:
• ateïs
• godverloënaar
• heiden
• ongelowige

Antoniem:
• gelowige

Vertaling:
Engels: wicked person, sinner
Nederlands: goddeloze


Byvoeglike naamwoord: goddeloos
Vergrotende trap: goddeloser
Oortreffende trap: goddeloosste
Attributief: goddelose

Betekenis:
• Attributiewe vorm van goddeloos; sonder God, of sedelik sleg en bedorwe.

Gebruik:
• Hy lei 'n goddelose lewe.

Vertaling:
Engels: godless, ungodly
Nederlands: goddeloze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maghebber
Volgende onderwerp: teëstander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jul. 09 01:06:19 UTC 2026