Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » letterwoord
letterwoord [boodskap #151804] Ma., 08 Junie 2026 07:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25727
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
letterwoord
Afbreking: let•ter•woord
Samestelling: letter + woord
Uitspraak: /ˈletərˌvuə̯rt/


Selfstandige naamwoord: letterwoord
Meervoud: letterwoorde
Verkleinwoord: letterwoordjie
Meervoud van verkleining: letterwoordjies

Betekenis:
• 'n Afkorting wat as 'n woord gebruik word en waarvan die punte verdwyn het.

Gebruik:
Letterwoorde word ingedeel in letterklankworde soos radar en vigs, of letternaamwoorde soos RSA en BTW.

Sinoniem:
• akroniem

Hiponiem:
• letterklankwoord
• letternaamwoord

Vertaling:
Engels: acronym
Nederlands: letterwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nulhipotese
Volgende onderwerp: Soweto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 07 09:25:25 UTC 2026