Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Haiku vir Gloudina
Haiku vir Gloudina [boodskap #15006 is 'n antwoord op boodskap #15008] |
Thu, 21 May 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is my eerste, enigste, en hopelik laaste haiku. Dit het
onintelligente snotkop soos ek 2 weke geneem om dit uit te werk.
van moddergraf na
gelamineerde klip, jou
fossielgedagtes
Terloops, my bron sê 'n haiku het 17 lettergrepe, nie meer nie, ook nie
minder nie.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: Haiku vir Gloudina [boodskap #15007 is 'n antwoord op boodskap #15006] |
Thu, 21 May 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Henri Burger" writes: > Hierdie is
my eerste, enigste, en hopelik laaste haiku. Dit het
> onintelligente snotkop soos ek 2 weke geneem om dit uit te werk.
>
>
> van moddergraf na
> gelamineerde klip, jou
> fossielgedagtes
>
>
> Terloops, my bron sê 'n haiku het 17 lettergrepe, nie meer nie, ook nie
> minder nie.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Geluk, Henri. Dis, sover dit my aangaan,
'n goeie haiku. Haiku-puriste sal aandui
dat daar nie "my" en "jou" in haikus moet
wees nie. Maar jou haiku het daardie
eb en vloei wat haikus nodig het, net soos
goeie sonette. En dit laat mens dink. Dis
wat 'n goeie haiku moet doen. Mens laat
dink.
Die Japannese haiku moet streng 17
lettergrepe h^e, en hulle skryf dit in
een reel, met drie spasies tussen die
5-7-5. Maar die Westerse haiku-reels
is losser: nie meer as 17 lettergrepe
nie, en nie meer as 5 in die eerste,
7 in die tweede en 5 in die derde reel
nie. Maar minder is ook toelaatbaar.
As jy gaan aangaan om meer haikus
te skryf, moet ek vir jou waarsku.
Jy sit een teen tien by jou werk en tel
op jou vingers af die lettergrepe van
'n haiku wat aan vorm is in jou kop.
(Dis die klagte van 'n anestetikus (?)
wat ek in SA ken, wat sê mense kyk
vreemd wanneer hy langs die verdwelmde
pasient sit en op sy vingers tel.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Haiku vir Gloudina [boodskap #15213 is 'n antwoord op boodskap #15008] |
Wed, 27 May 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Henri Burger" writes: >
> Ferdi skryf:
>
>>>> van moddergraf na
>>>> gelamineerde klip, jou
>>>> fossielgedagtes>>
>
>> Dis 'n nice gedig die.
>
> Dankie, Ferdi. Met jou en Gloudina se aanmoediging debuteer ek nog voor die
> winter om is.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>>
Jy het al klaar gedebutteer.
Ons wag nou vir die tweede.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:39 UTC 2025
|