Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is Regs
Wat is Regs [boodskap #15073] Vr, 22 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
ken.
KM
Re: Wat is Regs [boodskap #15074 is 'n antwoord op boodskap #15073] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KM writes: >
My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
> Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
> ken.
> KM

Hoekom vertel jy ons dan nie wat die
regte betekenis van "regs" is.

Hier in Noord-Amerika word die woord
"the right" en "the far right" as
politieke konnotasies gebruik. Om
"regs" te wees beteken om aan die
ou bedeling vas te klou, nie kans
te sien vir verandering nie, om
ter selfdertyd ook baie aan die kant
te wees van Besigheid, en teen die
soorte wetgewing wat dit makliker
vir armes maak om hulle lot te verbeter.
In die VSA is die Republikeise Party
regs, in Kanada is die Reform Party
regs, in SA is die regses gewoonlik
die mense wat die ou bedeling, toe die
wittes alleen aan die bewind was, wil
probeer terugbring.

Hoever die Demokratiese Party in die
VSA as "links" beskou kan word is 'n
vraag. Die Liberale (regerende) Party
in Kanada is ook nie te links nie.
Ons New Democratic Party is heelwaar-
skynlik bietjie links. Of die ANC
regering in SA links is, is ook nie
'n uitgemaakte saak nie.

Gloudina Bouwer
Re: Wat is Regs [boodskap #15153 is 'n antwoord op boodskap #15073] Ma, 25 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Janneman  is tans af-lyn  Janneman
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:
>
> KM writes: >
> My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
>> Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
>> ken.
>> KM
>
> Hoekom vertel jy ons dan nie wat die
> regte betekenis van "regs" is.
>
> Hier in Noord-Amerika word die woord
> "the right" en "the far right" as
> politieke konnotasies gebruik. Om
> "regs" te wees beteken om aan die
> ou bedeling vas te klou, nie kans
> te sien vir verandering nie, om
> ter selfdertyd ook baie aan die kant
> te wees van Besigheid, en teen die
> soorte wetgewing wat dit makliker
> vir armes maak om hulle lot te verbeter.
> In die VSA is die Republikeise Party
> regs, in Kanada is die Reform Party
> regs, in SA is die regses gewoonlik
> die mense wat die ou bedeling, toe die
> wittes alleen aan die bewind was, wil
> probeer terugbring.
>
> Hoever die Demokratiese Party in die
> VSA as "links" beskou kan word is 'n
> vraag. Die Liberale (regerende) Party
> in Kanada is ook nie te links nie.
> Ons New Democratic Party is heelwaar-
> skynlik bietjie links. Of die ANC
> regering in SA links is, is ook nie
> 'n uitgemaakte saak nie.
>
> Gloudina Bouwer
>

regs, of links, dit klink meer vir my na iets wat nie gelyk is nie, 'n
effense wanbelaans, die middle is die regering en wat gebeur, en waarna
toe die land op pad is, oordeel nou eerder met sulke kennis, wat regs en
links is, daar moet ook gelet word na links en regs van die regering,
wat probeer om die meerderheid na hulle kant toe te neem, die DP wat
altyds as ver links beskou was, word deesdae in die parlement as 'n
regse party beskou ..., en mense wat nie stem of kant kies nie is draad
sitters...

Janneman
Re: Wat is Regs [boodskap #15154 is 'n antwoord op boodskap #15073] Ma, 25 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Janneman writes: >

> regs, of links, dit klink meer vir my na iets wat nie gelyk is nie, 'n
> effense wanbelaans, die middle is die regering en wat gebeur, en waarna
> toe die land op pad is, oordeel nou eerder met sulke kennis, wat regs en
> links is, daar moet ook gelet word na links en regs van die regering,
> wat probeer om die meerderheid na hulle kant toe te neem, die DP wat
> altyds as ver links beskou was, word deesdae in die parlement as 'n
> regse party beskou ..., en mense watnie stem of kant kies nie is draad
> sitters...
>
> Janneman

Ja, maar is die draadsitters links of
regs?
Vertel ons meer vand ie politieke
toestand in SA.

Gloudina
Re: Wat is Regs [boodskap #15155 is 'n antwoord op boodskap #15073] Ma, 25 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 25 May 1998 17:53:28 -0700, Janneman wrote:

> @igs.net wrote:
>>
>> KM writes: >
>> My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
>>> Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
>>> ken.
>>> KM
>>
>>
> die DP wat
> altyds as ver links beskou was, word deesdae in die parlement as 'n
> regse party beskou ..., en mense watnie stem of kant kies nie is draad
> sitters...
>
> Janneman

Dit is nogals interessant dat jy noem dat die DP soms deesdae as
"regs" beskou word alhoewel hulle 'n linkse party is. Daardie
persepsie word seker vandag geregverdig omdat hordes van die NP nou
oorloop DP toe. Net die feit dat die DP die NP in BRAKPAN van alle
plekke gewen het in die onlangse verkiesing, vertel mos die hele
storie. Ek het gelukkig nog nooit vir die NP gestem nie, maar ek kry
hulle volgelinge maar jammer met M Van Schalkwyk as leier. In my lewe
het ek nog nie so 'n lig-in-die-broek politikus op die toneel gesien
nie. In 'n onlangse onderhoud toe hy gevra was wat hy dink van die
feit dat die NP nou so baie setels aan die DP afstaan, het hy
geantwoord met 'n "hmm, mense kies maar wat hulle pas jong". Foei
tog.

Bryan
Re: Wat is Regs [boodskap #15184 is 'n antwoord op boodskap #15073] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: > On 25 May 1998 21:38:45 GMT, wrote:
>
>> Vertel ons meer vand ie politieke
>> toestand in SA.
>>
>> Gloudina
>
> Gloudina, dis so verfrissend om te sien jy erken dat jy nie alwetend
> oor die toestande in SA is nie! Doe so voort - ons sal dalk
> binnekort sinvol met jou kan redeneer.

Dit nou van iemand wat alwetend is oor
die toestande in SA, soos in 'n ander
pos van jou hieronder. Ek dink nie jy
kan "sinvol" redeneer nie, Nico.
Re: Wat is Regs [boodskap #15185 is 'n antwoord op boodskap #15073] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 25 May 1998 21:38:45 GMT, wrote:

> Vertel ons meer vand ie politieke
> toestand in SA.
>
> Gloudina

Gloudina, dis so verfrissend om te sien jy erken dat jy nie alwetend
oor die toestande in SA is nie! Doe so voort - ons sal dalk
binnekort sinvol met jou kan redeneer.
Re: Wat is Regs [boodskap #15186 is 'n antwoord op boodskap #15073] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 22 May 1998 19:46:54 GMT, wrote:
> KM writes: >
> My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
>> Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
>> ken.
>> KM
>
> Hoekom vertel jy ons dan nie wat die
> regte betekenis van "regs" is.

Moenie so sidestep nie - antwoord die vraag!!!!!

>
> Hier in Noord-Amerika word die woord
> "the right" en "the far right" as
> politieke konnotasies gebruik.

In SA ook .....

> Om
> "regs" te wees beteken om aan die
> ou bedeling vas te klou, nie kans
> te sien vir verandering nie, om
> ter selfdertyd ook baie aan die kant
> te wees van Besigheid, en teen die
> soorte wetgewing wat dit makliker
> vir armes maak om hulle lot te verbeter.
> In die VSA is die Republikeise Party
> regs, in Kanada is die Reform Party
> regs, in SA is die regses gewoonlik
> die mense wat die ou bedeling, toe die
> wittes alleen aan die bewind was, wil
> probeer terugbring.
>
> Hoever die Demokratiese Party in die
> VSA as "links" beskou kan word is 'n
> vraag. Die Liberale (regerende) Party
> in Kanada is ook nie te links nie.
> Ons New Democratic Party is heelwaar-
> skynlik bietjie links. Of die ANC
> regering in SA links is, is ook nie
> 'n uitgemaakte saak nie.
>
> Gloudina Bouwer
>

Jy weier maar om reguit te antwoord, né!
Definieer bloot vir ons wat jy bedoel het toe jy van ekstreem regs
gepraat het!
Re: Wat is Regs [boodskap #15187 is 'n antwoord op boodskap #15073] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die rapportering van politieke gebeure in die land is betreurenswaardig. In
die Noord Kaap het die NP 44 setels van die ANC afgeneem; Die UDM het 14
raadslid posisies by die ANC in die Oos-Londen gebied afgeneem; 8 van die
DP na UDM in dieselfde gebied. Die DP kry deesdae die regse steun wat nie
meer in die NP tuis voel nie, en verskeie ambisieuse NP lede, het 'n nuwe
tuiste, met die hoop op parlementsposisies, by die DP gaan soek. Die ANC is
stil-stil besig om baie steun reg oor die land te verloor, maar dit word
nerens gepubliseer nie. Hier neem die UDM meer posisies oor in swart
gebiede war die NP en DP nog nooit ondersteuningsbasisse gehad het nie. Die
NP se steun onder swart mense het egter gestyg. In verskeie dorpe het die
NP se ledetal stil-stil gestyg, waar ANC steun verloor is. Die UDM kan dalk
vir 'n hele paar verrassing sorg. Die DP se landwye top struktuur is nog
steeds Engelssprekend en Wit, terwyl die NP en UDM die enigste twee partye
is wat 'n bree spektrum verteenwoordiging oor die kleurgrense heen het.

Dit is interessant dat die aanvalle in die pers nog steeds na die NP gemik
word, terwyl die heersende ANC taamlik lig daarvan afkom. Wat in die
koerante gebeur, en wat werklik gebeur is, glo my, twee verskillende dinge.

NP ondersteuners wat UDM toe oorloop is Roelf Meyer mense, en ook die mense
wat vernuwing in die NSA wil hê. NP ondersteuners wat DP toe oorloop, is
ontevrede met die meer rassige aard wat die NP nou het, en verkies die Wit
karakter van die DP. Die nuwe NP lede kom van die VF ( snaaks genoeg) en
die ANC.

Dis jammer dat die koerante nie die moed aan die dag lê om berigte te plaas
oor die vele mense wat die ANC verlaat nie. Maar dat die DP nou meer regse
steun het as wat hulle eintlik wil hê, is 'n feit. Baie KP en VF lede stap
ook oor na die DP.

Die NP lede wat in 'n regse Brakpan oorgestap het DP toe, is dus nie so
heelemal
groot nuus nie. Maar vir die pro ANC pers is dit nogal.

Bryan wrote in article
...
> On Mon, 25 May 1998 17:53:28 -0700, Janneman
> wrote:
>> @igs.net wrote:
>> die DP wat
>> altyds as ver links beskou was, word deesdae in die parlement as 'n
>> regse party beskou ..., en mense watnie stem of kant kies nie is draad
>> sitters...
>>
>> Janneman
>
> Dit is nogals interessant dat jy noem dat die DP soms deesdae as
> "regs" beskou word alhoewel hulle 'n linkse party is. Daardie
> persepsie word seker vandag geregverdig omdat hordes van die NP nou
> oorloop DP toe. Net die feit dat die DP die NP in BRAKPAN van alle
> plekke gewen het in die onlangse verkiesing, vertel mos die hele
> storie.
Re: Wat is Regs [boodskap #15229 is 'n antwoord op boodskap #15073] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 26 May 1998 13:36:15 GMT, wrote:
> Dit nou van iemand wat alwetend is oor
> die toestande in SA, soos in 'n ander
> pos van jou hieronder. Ek dink nie jy
> kan "sinvol" redeneer nie, Nico.
>

Ja, ek sukkel maar, maar ek geniet dit darem. En ek weerspreek myself
nie met elke plasing nie!

Jong, en as jy dink my kennis oor SA is goed, moet jy net hoor hoeveel
ek weet oor Kanada!!!!!!!
Re: Wat is Regs [boodskap #15231 is 'n antwoord op boodskap #15073] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan N Potgieter wrote in message ...
> On 26 May 1998 13:36:15 GMT, wrote:
>
>> Dit nou van iemand wat alwetend is oor
>> die toestande in SA, soos in 'n ander
>> pos van jou hieronder. Ek dink nie jy
>> kan "sinvol" redeneer nie, Nico.
>>

> Ja, ek sukkel maar, maar ek geniet dit darem. En ek weerspreek myself
> nie met elke plasing nie!
>
> Jong, en as jy dink my kennis oor SA is goed, moet jy net hoor hoeveel
> ek weet oor Kanada!!!!!!!

Hahahahaha. Goeie een Nico :)))
Vorige onderwerp: Aan Leendert: die Afrikaner en sy geskiedenis
Volgende onderwerp: Mandela se pêl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 03:50:25 MGT 2024