Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katgriep
katgriep [boodskap #151510] Sa., 16 Mei 2026 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25651
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katgriep
Afbreking: kat•griep
Samestelling: kat + griep


Selfstandige naamwoord: katgriep
Meervoud: katgriepe

Betekenis:
• 'n Aansteeklike virussiekte, algemeen onder jong, ongeënte honde, Parvo enteritis.
• Respiratoriese infeksie by katte, soortgelyk aan griep by mense.

Gebruik:
Katgriep onder honde is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan, veroorsaak koors, braking en 'n bloederige diarree wat tot ontwatering uiteindelik die dood lei.
• Talle katte is uitgesit aangesien hulle weens katgriep blind geword het.

Afgelei:
• katgriepbehandeling

Vertaling:
Engels: canine parvovirus; cat flu
Nederlands: kattenziekte

Nota:
• Die naam katgriep by honde is misleidend aangesien dit nie katte affekteer of van katte oorgedra word nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: medelid
Volgende onderwerp: infektief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jun. 30 07:05:09 UTC 2026