Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » legitimasie
legitimasie [boodskap #151282] Wo., 22 April 2026 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25641
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
legitimasie
Afbreking: le•gi•ti•ma•sie
Samestelling: legitiem + -asie


Selfstandige naamwoord: legitimasie
Meervoud: legitimasies

Betekenis:
• Die toelating tot 'n amp of pos, veral na formele erkenning.
• Die handeling van legitiem of wettig maak.

Gebruik:
• Ná voltooiing van sy teologiese studies en legitimasie is hy as predikant na die gemeente beroep.
• Jou handtekening verleen legitimasie aan die kontrak.

Sinoniem:
• ondertekening
• regverdiging
• sertifikasie
• wettiging

Afgelei:
• legitimasiebewys
• legitimasie-eed

Vertaling:
Engels: legitimation, legitimization
Nederlands: legitimatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: legitiem
Volgende onderwerp: oorplasing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 29 04:23:20 UTC 2026