Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Die oorsprong van Afrikaans
Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #14662] |
Wed, 13 May 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur Hagen" writes:
>
> Voor Gloudina:
>
> Ik heb gelezen dat het Afrikaans mede gevormd is uit de dialecten van Zuid
> Hollandse (!) en Zeeuwse migranten. Dat Zuid Nederland er iets mee van doen
> zou hebben geloof ik eigenlijk niet; die Brabo's wonen veel te ver van het
> water :-) Zonder gekheid, die hebben geen zeevaarttraditie.
Ja, maar jy moet onthou dat die toonaangewende
Nederlands aan die Kaap gepraat is deur die
amptenare wat deur die H.O.I.C aangestel is om
die verversingspos daar te stel aan die Kaap
van Goeie Hoop. Hulle was van die suidelike
dele van wat deesdae Nederland genoem word.
Meeste van die Vryburgers was egter matrose
in diens van die H.O.I.C. en het matroostaal
gepraat. Dus is ons keuken 'n "kombuis" (die
galei op 'n skip.) En sê ons vir 'n bed ook
"kooi" (ook 'n slaapplek op 'n skip.) Die
kwessie van die oorsprong van Afrikaans is
dus baie meer gekompliseerd as net die antwoord
op die vraag "In watter deel van Nederland
het Afrikaans sy oorsprong?"
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #15145 is 'n antwoord op boodskap #14662] |
Sun, 24 May 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
tot7...@aol.com (Tot7Junie) writes: > >
>> Gideon, baie taalgroepe het 'n bydrae gemaak
>> om Afrikaans baie anders te maak as dit wat
>> in Europa gepraat word. Maar die mees drastiese
>> verskil tussen Afrikaans en Nederlands is die
>> byna gehele verdwyning van die Imperfectum in
>> Afrikaans. Dit is 'n proses wat in die dialekte
>> van die Lae Lande begin het, en ook in ander
>> tale verder gevorder is as byvoorbeeld in
>> Nederlands en Engels.
>>
>> Gloudina
>
> Hoe klink/lyk die Imperfectum in Nederlands, en wat is dan
> die funksionele ekwivalent daarvoor in Afrikaans ?
Net soos is Engels (have/had) het Nederlands
baie imperfekte vorms van die werkwoord om die
verlede tyd uit te druk (heb/had, word/werd, mag/
mog). In Afrikaans word die verlede tyd amper
uitsluitlik uitgedruk in die Perfekte vorm: "ek het/
ek het gehad." In Afrikaans is sommige van die ou
Nederlandse imperfecta verskans in sekere uitdruk-
kinge (had, dog, dag.) 'n Paar van die imperfekte
vorme wat in Nederlands vir tydsaanduiding gebruik
word, word in Afrikaans gebruik om modaliteit aan
te toon (kon, moes, mog, sou, wou.) Maar oor die
algemeen is dit maklik om vir studente van Afrikaans
die verlede tyd te laat aanleer, want hulle hoef nie die
swak en sterk vorme van die werkwoord te leer nie.
In Afrikaans het mense soos vertalers en skrywers
las gehad met die probleem van die opeenhoping van
het's wat so 'n toestand tot gevolg het, totdat hulle
besef het dat hulle die praesens-vorm van die werkwoord
kan gebruik wanneer hulle iets in die verlede tyd vertel,
solank hulle dit laat voorafgaan deur byvoorbeeld "toe."
Dus : "toe ek hom sien" (when I saw him) in plaas van
"toe ek hom gesien het."
Die verlies van die Imperfekte vorms van die
werkwoord se verlede tyd is nie iets wat uniek aan Afri-
kaans is nie. Dit word gevind in Nederlandse dialekte,
sommige Europese tale, selfs in Engelse dialekte. Frans
in die volksmond verkies glo ook die perfekte vorms van
die werkwoord tot 'n groot mate.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:25:54 UTC 2025
|