Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Mandela se pel
Re: Mandela se pel [boodskap #15089] Vr, 22 Mei 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi skryf:

> 'n Menseregte-oorweging sou dus
> duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesie.

Ek neem aan dieselfde oorwegings geld vir China?

> Tog neem ek aan dat die
> glinsterende ekonomiese potensiaal van indonesie die hoofrede was vir
> Suid-Afrika se omarming van Indonesie.

So, om dieselfde rede word daar ander pad gekyk met China?

Terloops, wanneer kan ons demokratiese verkiesings te wagte wees in die
"Demokratiese" Republiek van die Kongo ?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mandela se pel [boodskap #15090 is 'n antwoord op boodskap #15089] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
> Die Suid-Afrikaanse verwantskap met Indonesie, na my mening, was 'n fout - maar
> kom ons vergewis ons van beide argumente, Leendert. Aan die een kant is dit
> duidelik dat die Indonesiese besetting van Oos-Timor en die menseregteskendings
> daar militeer teen 'n verwantskap met Indonesie. Voorts kan die feit dat
> Suharto bykans 'n halfmiljoen "linkses" en "sosialiste" vermoor het nadat hy
> Sukarno omvergewerp het (grootliks met die hulp van die VSA en ander Westerse
> lande, by the way) nie weggewens word nie. 'n Menseregte-oorweging sou dus
> duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesie.

Hoe het Indonesië gestem in die VN-resolusie waarvolgens "apartheid"
verklaar is tot "misdaad teen die mensdom"?

>
> Tog, net soos met die meeste ander wereldlande (ek hoop jy skeer Clinton,
> Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
> handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert)

Nee. Die WVK (wat voorgee om te handel oor menseregteskenings,
onthou?)rapporteer aan Mandela. Nie aan Clinton of enige een van die ander
nie.

> neem ek aan dat die
> glinsterende ekonomiese potensiaal van indonesie die hoofrede was vir
> Suid-Afrika se omarming van Indonesie. Hoe anders - dis die vierde grootste
> wereldbevolking na China, Indie, en die VSA.

Ag ja. En selfs die Hollanders was dol oor Soeharto - hy was darem ietwat
minder hatig op Hollanders as wat Soekarno was.

> Voorts kon niemand toe die
> asiatiese ekonomiese krisis voorspel nie - inteendeel, voortdurende ekonomiese
> vooruitgang was die wagwoord. Ek kan my indink hoedat President Mandela se
> adviseurs hom aangemoedig het om handelsverwantskappe te smee - veral gegee die
> druk van binne die land om die ekonomie te sterk. Indonesie was dan 'n
> oenskynlike goudmyn wat, soos ons nou sien, in Suid-Afrika se gesig opgeblaas
> het. Ek het destyds al gese dat die verwantskap met Indonesie 'n fout was - ek
> hoop, leendert, jy het dit ook toe al gese en gebruik nie nou reaksionere 20/20
> visie om hom mee te kritiseer nie.

Ek het vrede met Mandela se keuses vir pelle, en waar hy dink hy gaan geld
gebedel kry. En wanneer hulle hom drop kry ek lekker tot in my tone. Nog een
van die vreugdes van die NSA - dis so bevrydend om nie sleg te voel as die
regering 'n gat van homself en sy kiesers maak nie. Dis een groot genot om
die vinger te kan wys - met of sonder 20/20 hindsight.

>
> Ek stel egter ook belang in die Muslim-reaksie in Suid-Afrika. Miskien kan
> diegene van julle in Suid-Afrika hierop lig werp. Ek het dit destyds vreemd
> gevind dat die Muslimgemeenskap so stil was jeens Indonesie, die wereld se
> grootse Muslimbevolking. Wat is die reaksie nou? En praat verskillende
> sektore (soo Qiblah en MJC) uit dieselfde mond?

Die Muslimgemeenskap se reaksies is nie prominent gerapporteer in die media
wat ek volg nie (hoewel ek dit ten minste op Punt sou verwag).

Met die geweld op die Kaapse Vlakte en die dinge van Pagad wat van een
krisis na die volgende steier - en nou oënskynlik ontwikkel het tot
arbitrêre terreur teen onskuldige derde partye het hulle miskien meer te
doen as om oor Soeharto te dink.

(Solly Philander vra vandag in sy geselsprogram - na die sinnelose skietery
op 'n begrafnisstoet: "Wat moet _nog_ gebeur voor die regering begin
optree?" Die boere vra dit al lankal.)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Programeerders
Volgende onderwerp: Die muti-kletsers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:48:38 MGT 2024