Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verlak
verlak [boodskap #150639] So., 11 Januarie 2026 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlak
Afbreking: ver•lak
Samestelling: ver- + lak


Werkwoord: verlak
Verlede tyd: het verlak
Teenwoordige deelwoord: verlakkend, verlakkende
Verlede deelwoord: verlakte

Betekenis:
• Om met 'n laag lak te bedek.

Gebruik:
• Die blikkies waarin ingelegde voedsel bewaar word moet ordentlik aan die binnekant verlak wees.

Sinoniem:
• vernis

Afgelei:
• verlakker
• verlakking

Vertaling:
Engels: to varnish, lacquer
Nederlands: verlakken


Byvoeglike naamwoord: verlak
Attributief: verlakte

Betekenis:
• Wat met lak besmeer is.

Gebruik:
• Die kamer het 'n verlakte houtvloer.

Afgelei:
• goudverlak

Vertaling:
Engels: varnished
Nederlands: verlakt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opbeur
Volgende onderwerp: hoorafstand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jan. 12 06:34:23 UTC 2026