| onaansienlik [boodskap #150590] |
So., 28 Desember 2025 11:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onaansienlik
Afbreking: on•aan•sien•lik
Samestelling: on- + aansienlik
Byvoeglike naamwoord: onaansienlik
Vergrotende trap: onaansienliker
Oortreffende trap: onaansienlikste
Attributief: onaansienlike
Partitief: onaansienliks
Betekenis:
• Wat nie belangrik of merkwaardig is nie; nie aandag of erkenning verdien nie.
Gebruik:
• Die boukoste was nie onaansienlik nie!
• Die aantreklike jongman het met 'n onaansienlike ouer vrou getrou.
Sinoniem:
• gering
• lelik
• nederig
• nietig
• niksbeduidend
• onbeduidend
• onbelangrik
• onooglik
• obskuur
• onaantreklik
• onooglik
Antoniem:
• aansienlik
Afgelei:
• onaansienlikheid
Vertaling:
Engels: insignificant; inconsiderable, unimportant, undistinguished
Nederlands: onaanzienlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|