| inkoopkoste [boodskap #150520] |
Ma., 22 Desember 2025 07:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24323 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inkoopkoste
Afbreking: in•koop•kos•te
Samestelling: inkoop + koste
Selfstandige naamwoord: inkoopkoste
Meervoud: inkoopkostes
Betekenis:
• Die koste om 'n mede-eienaar of aandeelhouer te word.
• Die koste waarteen iets ingekoop word; kosprys, aankoopkoste.
Gebruik:
• Die inkoopkoste beloop R10 per aandeel.
• Kettingwinkels kan items goedkoper verkoop omdat hulle inkoopkoste, weens die groot volumes, laer is.
Sinoniem:
• inkoopprys
Antoniem:
• uitkoopkoste
Vertaling:
Engels: buy-in costs; purchase price
Nederlands: inkoopkosten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|