| vergroei [boodskap #150467] |
Ma., 08 Desember 2025 15:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergroei
Afbreking: ver•groei
Samestelling: ver- + groei
Werkwoord: vergroei
Verlede tyd: het vergroei
Teenwoordige deelwoord: vergroeiend, vergroeiende
Verlede deelwoord: vergroeid, vergroeide
Betekenis:
• Om saam (vas) te groei.
• Om anders of verkeerd te groei.
• Om iets deur groei te verloor.
Gebruik:
• Die twee bome het oor die jare vergroei.
• My een toonnael het vergroei.
• Die kind sal mettertyd sy fiemies vergroei.
Sinoniem:
• ineengroei
• inmekaargroei
• saamgroei
• ontgroei
• uitgroei
• vasgroei
Afgelei:
• vergroeiing
Vertaling:
Engels: to intergrown; to grow crooked; to outgrow
Nederlands: vergroeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|