Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verlengstuk
verlengstuk [boodskap #150463] Ma., 08 Desember 2025 13:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24135
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlengstuk
Afbreking: ver•leng•stuk
Samestelling: verleng + stuk


Selfstandige naamwoord: verlengstuk
Meervoud: verlengstukke
Verkleinwoord: verlengstukkie
Meervoud van verkleining: verlengstukkies

Betekenis:
• Voorwerp waarmee 'n mens iets verleng (langer maak).
• (figuurlik) Persoon of organisasie wat 'n ander help of verteenwoordig.

Gebruik:
• Hy het 'n verlengstuk aan die tuinslang gekoppel om orals by te kom.
• Die openbare uitsaaier is dikwels bloot 'n verlengstuk van die regering.

Sinoniem:
• hegstuk
• koppelstuk
• verlenging

Vertaling:
Engels: elongation, extension piece
Nederlands: verlengstuk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versmelt
Volgende onderwerp: angiosperm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 14:24:41 UTC 2025