Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Indiaan
Indiaan [boodskap #150460] Ma., 08 Desember 2025 07:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Indiaan
Afbreking: In•di•aan


Selfstandige naamwoord: Indiaan
Meervoud: Indiane
Verkleinwoord: Indiaantjie
Meervoud van verkleining: Indiaantjies

Betekenis:
• 'n Lid van een van die inheemse volke van Noord-, Suid- of Sentraal-Amerika.

Gebruik:
• Sedert die koms van die blankes het die tradisionele kultuur van die Indiane drasties agteruitgegaan en is die oorblywende stamme in reservate gehuisves.

Sinoniem:
• Rooihuid

Afgelei:
• Indiaans

Vertaling:
Engels: American Indian, Redskin
Nederlands: Indiaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kompasrigting
Volgende onderwerp: mikrosporangium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 14 01:36:27 UTC 2025