| eksplosief [boodskap #150449] |
So., 07 Desember 2025 10:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24149 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eksplosief
Afbreking: eks•plo•sief
Selfstandige naamwoord: eksplosief
Meervoud: eksplosiewe
Betekenis:
• 'n Medeklinker wat met 'n volledige obstruksie in die spraakkanaal gevorm word.
Gebruik:
• Voorbeelde van eksplosiewe in Afrikaans is k, g (soos in berge), p, b, d, t en tj (soos blommetjie).
Sinoniem:
• ploffer
• plofklank
Vertaling:
Engels: plosive, stop consonant
Nederlands: plosief
Byvoeglike naamwoord: eksplosief
Attributief: eksplosiewe
Betekenis:
• Wat kan ontplof, of wat soos 'n ontploffing uitdy.
Gebruik:
• In die 19de eeu het die stad eksplosief gegroei.
• Nitrogliserien is 'n uiters eksplosiewe stof.
Sinoniem:
• ontplofbaar
• ontploffend
Antoniem:
• implosief
Vertaling:
Engels: explosive
Nederlands: explosief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|