| jonker [boodskap #150323] |
Ma., 24 November 2025 12:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jonker
Afbreking: jon•ker
Selfstandige naamwoord: jonker
Meervoud: jonkers
Verkleinwoord: jonkertjie
Meervoud van verkleining: jonkertjies
Betekenis:
• 'n Jong man van adellike afkoms (jonkheer). Aanspreekvorm vir 'n adelbors.
Gebruik:
• 'n Kale jonker is 'n adellike persoon wat baie arm is.
Spreekwoord:
• Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. [Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste.]
Hiponiem:
• bedjonker
• bruidsjonker
• landjonker
• modejonker
• saletjonker
• strooijonker
• vlagjonker
Afgelei:
• jonkeragtig
• jonkersbak
• jonkershuis
Vertaling:
Engels: joung nobleman, junker, squire
Nederlands: jonker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|