| ronddwaal [boodskap #150298] |
Vr., 21 November 2025 19:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ronddwaal
Afbreking: rond•dwaal
Samestelling: rond + dwaal
Werkwoord: dwaal rond, ronddwaal
Verlede tyd: het rondgedwaal
Teenwoordige deelwoord: ronddwalend, ronddwalende
Verlede deelwoord: rondgedwaalde
Betekenis:
• Om sonder spesifieke doel of rigting rond te beweeg.
Gebruik:
• Die rondloperhond dwaal deur die stad se strate rond.
• Israel het veertig jaar lank in die woestyn rondgedwaal, terwyl die reis net elf dae moes duur.
Sinoniem:
• dool
• drentel
• leeglê
• ronddool
• rondgaan
• rondloop
• rondswerf
• rondtrek
• slenter
• swerf
Vertaling:
Engels: to wander about
Nederlands: ronddwalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|