| langslewende [boodskap #150274] |
Di., 18 November 2025 14:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
langslewende
Afbreking: langs•le•wen•de
Samestelling: langslewend + -e
Selfstandige naamwoord: langslewende
Meervoud: langslewendes
Betekenis:
• Die een wat die langste leef.
Gebruik:
• Die langslewende sal die vruggebruik van die huis ontvang.
Spreekwoord:
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]
Sinoniem:
• oorblywende
• oorlewende
Vertaling:
Engels: survivor
Nederlands: langstlevende
Byvoeglike naamwoord: langslewend
Attributief: langslewende
Betekenis:
• Wat die heel langste leef.
Gebruik:
• Glassponse is die langslewende diere op aarde.
Vertaling:
Engels: longest-living, surviving
Nederlands: langstlevende
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|