Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vrouejagter
vrouejagter [boodskap #150239] Sa., 15 November 2025 18:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrouejagter
Afbreking: vrou•e•jag•ter
Samestelling: vrou + -e- + jagter


Selfstandige naamwoord: vrouejagter
Meervoud: vrouejagters

Betekenis:
• 'n Man wat agter al wat 'n mooi vrou is aanloop.
• 'n Vrou wat diere skiet.

Gebruik:
• James Bond was 'n suksesvolle vrouejagter wat talle vrouens verlei het.
• Sy is 'n ervare vrouejagter wat al baie bokke platgetrek het.

Sinoniem:
• rokjagter

Vertaling:
Engels: skirt chaser, womanizer, philanderer; femail hunter
Nederlands: vrouwenjager

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mikrovliegtuig
Volgende onderwerp: Joego-Slawië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 06 00:34:14 UTC 2025